
...is die oomblik waarvoor ek wag...
wanneer jy kan sien wat is die struikelblokke op jou pad, en alles word helder.
Nie alle mense neem beheer oor hulle lewens nie. Ek is passievol om mense te help om die lewe te leef wat vir hulle bedoel is... Moenie wag totdat dit te laat is nie. Jou lewe is jou lewe, neem beheer oor jou lewe.

Ontmoet Barbara Dobrowsky
Ek is 'n ten volle gesertifiseerde Multi Level Neuro Processing "Neuro Life Coach" en word in die MLNP-gids gelys. Jy kan my ook in die International Coach Register (REG # WCXMZ9) vind as 'n internasionaal geakkrediteerde Neuro-afrigter, Loopbaan Afrigter en Besigheidscoach. Ek is passievol oor wat ek doen en ek het ongelooflike lewensveranderings in my kliënte gesien gebeur.
Ek fasiliteer die multi-vlak neuro-prossessering (MLNP) deur al drie dele van die brein (sensoriese, emosionele en kognitiewe dele) te gebruik, waardeur ek eers bewusmaking skep en daarna my kliënte help om enige struikelblok wat in hulle onderbewussyn lê, te verwerk en te verwyder. Dit skep 'n permanente verstandskuiwing in die brein wat lei tot 'n verandering in gedrag en gedagtes. Laat my toe om u te help om u droom / doelwit te omskep in 'n projek met my as jou projekbestuurder.

Ek help jou om drome en doelwitte te identifiseer.
Ons bepaal waar jy nou is, en waar jy graag wil wees.
Deur ekometriese assesserings identifiseer ons die struikelblokke wat jou terug hou. Ons weet nou wat is die kern van jou onderliggende frustrasie / angstigheid / vrese of wat ookal in jou onderbewussyn lê.
Ek gebruik die proses van Multi-Level Neuro-Prosessering
waarby 'n permanente verandering in jou denkwyse plaasvind. Ons verwerk wat ons geïdentifiseer het.
Jou brein vol helder, jou energie is terug en jy dink
weer kreatief. Jou manier van dink en dinge doen verander
en jy is jou beste jy.
© 2025 Control Your Life - Barbara Dobrowsky