fbpx
…is die oomblik waarvoor ek wag…
wanneer jy kan sien wat is die struikelblokke op jou pad, en alles word helder
Nie alle mense neem beheer oor hulle lewens nie. Ek is passievol om mense te help om die lewe te leef wat vir hulle bedoel is….. Moenie wag totdat dit te laat is nie. Jou lewe is jou lewe, neem beheer oor jou lewe.
Om hoogtes te bereik in ons toekoms, moet ons begin met die uitsorteer van wat ons struikelblokke noem.
As neuro afrigter (neuro coach) fasiliteer ek veranderinge in denke (oortuigings en houdings), emosies (stamina en bewustheid) en gedrag (gewoontes). ‘n Natuurlike permanente skuif in denke vind plaas, wat jou die energie en kreatiwiteit gee wat jy nodig het om jou doelwitte en drome te bereik.

Sodra ons die negatiewe struikelblokke van ons verlede uitsorteer, is jy nie meer dieselfde persoon nie. Jy dink anders en jy tree anders op. Hier is ‘n paar voordele van wat dan gebeur

Beter balans tussen werk en lewe

Skakel langduringe vrese en angs uit

Verbeterde kreatiwiteit

groter finansiele sekuriteit

verbeter kommunikasievaardighede

meer bevredigende werkslewe

sterker verhoudings met vriende en familie

meer energie en kreatief

Identifiseer doelwitte

Ek help jou om jou drome en doelwitte te identifiseer. Ons bepaal waar jy nou is, en waar jy graag wil wees.

Identifiseer struikelblokke

Deur ekometriese asseserings identifiseer ons die struikelblokke wat jou terughou. Ons weet nou wat is die kern van jou onderliggende frustrasie/ angstigheid/ vrese of wat ookal in jou onderbewussyn le.

Permanente skuif in jou denkwyse

Ek gebruik die proses van Multi Level Neuro prosessering waarby ‘n permanente verandering in jou denkwyse plaasvind. Ons verwerk wat ons geidentifiseer het.

Suksesvolle en vervulde lewe

Jou brein voel helder, jou energie is terug en jy dink weer kreatief. Jou manier van dink en dinge doen verander en jy is jou beste jy.

Vrae wat
gereeld gevra
word

Hoe kan jy my help?

My program handel oor verandering. … oor die “herbedrading” of die herstrukturering van jouself vir die doelwitte wat jy geidentifiseer het.

Hoe kan jy my help om suksesvoller te wees in my besigheid / loopbaan?

Ek kan jou help, met die hulp van die regte gereedskap om aan jouself en jou eie vermoëns te werk en op so ‘n manier jou selfvertroue te verhoog.  Ek help enterpreneurs om die vrese in hulle onderbewussyn te verwerk en hulle met ‘n nuwe passie kreatief te laat word in hul besigheid. Ek help sake-eienaars om van hul hoë stres- en frustrasievlakke ontslae te raak, sodat hulle weer hul “sweetspot” kan ervaar en van daar af kan werk om hul besigheid te laat groei. Ek geniet dit om mense te help om hul potensiaal te ontwikkel sodat hulle meer suksesvol kan wees.

Hoekom sal ek na ‘n paar sessies meer energiek voel?
Energie is ‘n ware realiteit. Alhoewel ons die impak van energie op motivering en wilskrag verstaan, moet jy besef dat jy nie ‘n masjien is nie. Jy is ‘n biologiese stelsel wat voedsel, water en slaap omskakel en dit gebruik vir denke en fisieke aktiwiteite. Jou brein gebruik ongeveer 20% van die liggaam se energie, dus as jy ‘n ondoeltreffende denker is, veroorsaak dit spanning, jou energie sal opraak en jy sal baie vinniger misluk.
Ek het baie opgeboude woede. Sal jy my kan help daarmee?
Ek werk ook met mense wat baie onderliggende woede het, wat nie weet waar dit vandaan kom nie en wat sukkel om dit te hanteer of te verwerk.
Hoe kan jy my help om myself beter te leer ken?

Die sleutel is nuwe kennis. Om bewus te wees van jou vaardighede, die leemtes vir optimale prestasie en bewustheid van jou bestaande kennis is nie voldoende nie. Jy moet nuwe vaardighede en kennis aanleer en behou. “Coaching” word dikwels gesien as bloot die verwydering van die blokkasie / die moontlik making van die huidige. Die aanleer van nuwe vaardighede kan, behalwe om jou intelligensie te verhoog, jou ook meer effektief maak.

Kom ek vertel jou van myself.

Ek is ‘n ten volle gesertifiseerde Multi Level Neuro Processing “life coach” en word in die MLNP-gids gelys. Jy kan my ook in die International Coach Register (REG NR WCXMZ9) vind as ‘n internasionaal geakkrediteerde Neuro-afrigter(neuro life coach), Loopbaan afrigter en Besigheids “coach”.   Ek is passievol oor wat ek doen en ek het ongelooflike lewensveranderings in my kliënte gesien gebeur.

Ek fassiliteer die multi-vlak neuro-prosessering (MLNP) deur al drie dele van die brein (sensoriese, emosionele en kognitiewe dele) te gebruik, waardeur ek eers bewusmaking skep en daarna my kliënte help om enige struikelblok wat in hulle onderbewussyn lê, te verwerk en te verwyder. Dit skep ‘n permanente verstandsverskuiwing in die brein wat lei tot ‘n verandering in gedrag en gedagtes. Laat my toe om u te help om u droom / doelwit te omskep in ‘n projek met my as jou projekbestuurder.

Wat se my kliente?


Ek het Barbara ontmoet toe my lewe op sy deurmekaarste donkerste was en ek was op die punt van moed opgee. Ek het nie rerig die lig aan die einde van ‘n lang donker tonnel gesien nie. Ek was skepties om in te stem vir die sessies met Barbara, maar het besef ek het eintlik niks om te verloor nie, daarom het ek ingestem.

Na die tweede sessie het ek besef dat ek anders begin dink oor my lewe en omstandighede. Ek het die moed gehad om dit waarmee ek sukkel – stap vir stap aan te pak en af te handel. Om situasies te ignoreer gaan dit definitief nie verbeter nie. Die weeklikse stappies na my droom wat ek moes doen, het my gemotiveer om nog steeds my droom na te streef en dat ek dit sal kan doen. Ek moet net stap vir stap doen en nie kyk nie die hele berg nie. Barbara het my so baie nuwe maniere geleer hoe om spanning te hanteer en nie in ‘n frustrerende geirriteerde monster te verander nie.

Ek is baie dankbaar vir Barbara en haar sessies. Dit het waarlik my lewe verbeter en daarsonder sou ek nog vas gevang gewees het in ‘n diep donker gat. Ek beveel Barbara aandie grootste vrymoedigheid en ek glo dit sal enige iemand se lewe verbeter!!

‘n Miljoen dankies aan Barbara!! Dankie dat jy vir my weer ‘n liggie in ‘n donker tonnel kom wys het!! Ek is jou ewig dankbaar daarvoor!!

Maretha Barnard
(Prieska)

“Tydens my sessies met Barbara Dobrowsky het ek geleer om my angstigheid te hanteer en die omstandighede te aanvaar waaroor ek nie beheer gehad het nie. Barbara het my geleer hoe om stress te hanteer en dit op ‘n positiewe manier te hanteer. Toe ons besig was met ons sessies, het ek kalm en ontspanne gevoel. Barbara het my deur ‘n baie moeilike tyd in my lewe gehelp, en ek sal dit vir almal aanbeveel.”

JumarieBothma
Projekbestuurder (Klerksdorp)

Klink ditbekend?

Onvermoe om slegte gewoontes te verbreek?

Gevoel van geblokkeerde kreatiwiteit?

Gereelde geirriteerdheid?

Hoe vlakke van spanning en / of angs?

Gebrek aan vervulling in die sosiale lewe?

Aanhoudende gevoel van ontevredenheid by die werk?

As jy gereed is vir ‘n positiewe verandering in jou lewe,
kontak my vir ‘n gratis inleiding sessie

Call: 083 400 3913
Email: barbarawdobrowsky@gmail.com
Ek werk ook op Zoom